Ukukhanya

Ukukhanya is ‘n nie-winsgewende organisasie wat op die been gebring is om gratis diens te lewer aan slagoffers van mishandeling.  Ukukhanya hanteer alle gevalle van mishandeling insluitend gesinsgeweld, rasse-haat en die boelie / afknou van individue.  Slagoffers sluit mans, vrouens en kinders van alle heenkome van ons gemeenskap in die Helderberg in.

By Ukuhanya bied ons ‘n vriendelike, veilige omgewing waarin slagoffers van geweld bemoedig word en voorsien word van opvoeding om hul lewens te verbeter.  Lewenstyl Verbeteraars en Sosiale Werkers staan mense by om hul mishandeling te herken en te oorkom deur vir hulle voorkomings-, vroeë ingryping-, ondersteunings- en remediërende dienste te bied.

Ons doen ons bes om ieder en elk wat na Ukukhanya kom te help.  Ons help mense om die moed te vind om mishandeling te oorkom en gee die nodige ondersteuning om vreedsame verhoudings binne die huis en die gemeenskap te hervestig. Slagoffers van mishandeling word bygestaan, opgevoed en bestuur om hul selfbeeld te herwin en hul regmatige plek in ons demokratiese samelewing in te neem.

Leave a Reply