Hilda and Gerda

Terug Skool toe – Terug na die Realiteit

Vandag keer die meeste van ons terug na die vakansie en besef daar is baie om te verrig voordat die skole weer heropen op Woensdag.Ai?? Dit is tyd om te herorganiseer en ratte oor te sit vir die nuwe jaar wat voorlA?.Ai?? Dieselfde geld vir ons span hier by Ukukhanya.Ai?? Ons sien uit na 2014 en moet nou beplan en herstelwerk doen aan skade aangerig deur laasjaar se vloede.

Ai??By Ukukhanya het ons, ons jaar afgeskop met ai???n groot skoonmaaksessie.Ai?? Aangesien ons verhuurder nie gereAi??l het vir die verwydering van die verrottende matte in ons kantore nie het ons dit self gereAi??l en sit ons tans met ai???n minder mooi vloerai??i??Ai?? MAi??Ai??rai??i?? terwyl dit nie netjies vertoon nie is dit ten minste droog en nie meer muf nie!Ai?? Die versekeringsmaatskappy het ons verseker dat hulle in die laaste week van Januarie hier sal wees om die pleisterbordmure ai???drywallsai??? in die kantoor te verwyder (die pleisterborde het ook nat geraak en begin muf) asook om nuwe matte in te sit.Ai?? Alles in ag genome was die vloede dalk ai???n bedekte seAi??nai??i??Ai?? Teen Februarie behoort ons kantore beter as ooit te lyk met nuwe mure, matte en meubels.

Ai??Soos met enige groot skoonmaaksessie is daar items wat nie meer benodig word nie.Ai?? Tydens ons eerste verkope van geskenkte klere in Februarie gaan ons ai???n groot hoeveelheid items hA? wat gratis weggegee gaan word.Ai?? So vertel vir almal wat hieruit kan voordeel trek.Ai?? U self, u vriende, bure, werknemersai??i??Ai?? Versprei die woord sodat ons 2014 so suksesvol moontlik kan afskop.

Ai??Ons wil graag ons tweedehandse klere se verkope verbeter.Ai?? Met dit in gedagte sal ons graag wil weet of enigiemand dalk ai???n kontak in die klere-industrie het wat vir ons ai???n klererak(ke) kan skenk waarop die items te koop uitgestal kan word?Ai?? Op die huidige oomblik word die klere in hope gepak wat onprakties is omAi?? netjies te hou wanneer verskeie kliAi??nte deur dit gaan.

Ai??Ons het ai???n paar nuwe vrywilligers by Ukukhanya bygekry.Ai?? Dankie aan diegene wat onderneem het om hul tyd aan ons af te staan.

Ai??Ons is ook besig met nuwe kliAi??nte vir 2014.Ai?? Ons sien beide die slagoffers van mishandeling sowel as familielede wat daardeur geaffekteer is.Ai?? Ons werk met Beskermingsbevele (ons help met die papierwerk en veilige bewaring / enAi?? liassering van kopieAi?? van rekords) .Ai?? Ons werk ook met Vorm 22 aansoeke wat noodsaaklik is vir kinder toesig en staatstoelae aansoeke.

Ai??As u of enigiemand wat u ken ai???n afspraak wil maak om ons te kom sien, kontak ons by 021 8500061 of ukukhanya.reception@gmail.com