Om Grense te Stel

Oral waar ons kyk is daar grense.Ai?? Ons het hulle rondom ons huise (heining of muur), ons werkplek (beleide en reAi??ls), die pad (verkeerswette) en ons moet hierby hou anders sal daar gevolge wees.Ai?? Hoekom is dit dan so moeilik om grense binne ons verhoudings te stel?

Tussen maats moet daar sekere grense wees.Ai?? Een so ai???n grens tussen my en my man is dat ons vir mekaar moet inlig as een van ons laat by die huis gaan kom.Ai?? Dit is vir veiligheidsredes.Ai?? Soos u kan sien, moet grense redelik wees met goeie redes waarmee beide maats gelukkig is. Party van hierdie grense kan wees:Ai?? geen geskree, geen gevloek, geen fisiese geweld ens.Ai?? In ernstige gevalle kan dit selfs wees geen kontak.Ai?? Soms is dit moeilik vir twee mense om saam te stem oor hierdie grense en het hulle die hulp van die hof nodig om hierdie grense te stel deur ai???n Beskermingsbevel teen hul maat uit te neem. Met die uitneem van ‘n Ai??Beskermingsbevel Ai??is die kanse goed dat een van die partye nie gelukkig is met die Beskermingsbevel en die voorwaardes wat daarin vervat is nie.Ai??Ai?? Dit is hoekom dit so belangrik is om grense in ai???n verhouding te stel voordat dit ai???n probleem word.

Met ons kinders moet ons grense stel van hul geboorte af.Ai?? Dit help nie om eers die grense te stel wanneer hulle ouer is en beter gaan verstaan nie.Ai?? Teen daardie tyd moet die grense reeds deel wees van jou en hulle lewens.Ai?? Wees ferm in die stel van hierdie grense en moenie hulle rondskuif nie want dit kan onnodige probleme veroorsaak in julle verhouding.Ai?? U kan nie van ai???n 4-jarige verwag om byvoorbeeld te verstaan hoekom mamma / pappa vandag vir hom toelaat om koeldrank te drink saam met sy maaltye en mA?re mag hy nie.Ai?? U moet die Ai??reAi??lsAi??neerlA? en self daarby hou. U kan nie vir ai???n 4-jarige sA? hy mag nie koeldrank saam met sy kos drink nie en dan drink u koeldrank saam met u maaltyd nie…

Deur grense te stel in ai???n kind se lewe sal hulle soveel beter weet hoe om grense te stel in hulle eie lewe wanneer dit nodig is.Ai?? Dit kan soveel onnodige hartseer vir u as ouer spaar.

As ek van my man verwag om my te laat weet dat ek laat by die huis gaan kom moet ek dieselfde doen wanneer ek laat gaan wees.Ai?? GrenseAi?? en reAi??ls is daar vir beide partye.Ai?? Dit sal onnodige hartseer en twis spaar later in u lewe.

Onthou dat grense altyd redelik moet wees met goeie redes wat aanvaarbaar is vir beide partye.

Hilda Lourens, Uitvoerende Direkteur, Ukukhanya