Vrywilliger Werk

Ukukhanya is ai???n nie-winsgewende organisasie (082-914-NPO) en ons benodig altyd vrywilligers om ons by te staan met hul besondere vaardighede.

Op hierdie oomblik soek ons na iemand wat ons op ai???n gereelde basis kan bystaan met administratiewe take.Ai??Ons benodig ook ai???n nutsman wat praktiese take kan verrig. Ai??U kan vir ons kolwyntjies of tuisgebak maak vir ons gereelde koekverkopings. Ai??U kan klere en speelgoed en kombuisware vir ons insamel. Ai??Alles wat aan Ukukhanya geskenk word, kan ons weer aan diegene wat dit benodig teen baie bekostigbare pryse verkoop.Ai?? Hierdie verkope help Ukukhanya befonds en verskaf ook ware aan mense wat dit andersins nie sou kon bekostig nie.

Indien u graag u tyd, kennis en vaardighede wil skenk om vrywilliger werk te doen by Ukukhanya kan u ons opspoor by

Winkel 14, Michaels Arkade, Hoofstraat, Somerset-Wes

Telefoon: 021 850 0061

E-pos: ukukhanya.reception@gmail.com

https://www.facebook.com/ukukhanya

Leave a Reply