Berading

Een van die sleuteldienste wat Ukukhanya voorsien aan die Helderberg gemeenskap is van berading. Al ons berading is gratis, maar as n nie-winsgewende organisasie versoek ons dat mense dit wat hul kan bekostig bydra om ons te help om voort te gaan om hierdie diens te kan aanbied. Dit kan so min as R20 per persoon wees. Elke bietjie help.

Ons bied berading aan mense wat na ons verwys is deur die Magistraatskantoor. Ons bied berading aan families en slagoffers van mishandeling (daar is vele verskillende vorms van mishandeling). Ukukhanya bied ook gespesialiseerde speelterapie berading aan jong kinders en het onlangs begin om berading te bied aan jong oortreders en hulle families.

As u, of enige-iemand wat u ken, se lewens verbeter kan word deur ons gratis beradingsdienste, kontak ons asseblief deur on Facebook bladsy https://www.facebook.com/ukukhanya/