Beraders by Ukukhanya

Ontmoetons span Beraders by Ukukhanya

As heelmoontlik die belangrikste lede van ons span, bied die vrywilliger beraders by Ukukhanya hul tyd om diegene in nood by te staan. Mense uit verskeie wandelinge en we is al gehelp deur hierdie goedhartige siele.

Hilda Lourens

Baie mense ken vir Hilda as die dryfveer agter Ukukhanya. Behalwe dat sy die plek bestuur het, het sy ook berading verskaf tussendeur, vergaderings af gele en massas papierwerk behartig. Hilda is alombekend in die Helderberg area en verskyn gereeld in plaaslike koerantberigte.  Vanaf 1 Junie 2018 het sy uit getree uit Ukukhanya uit as Bestuurende direkteur en behartig nou n vrywilligers pos by Ukukhanya

Tania Vergnani

As semi-afgetrede kliniese sielkundige bied Tania haar tyd aan Ukukhanya soos en wanneer haar dienste benodig word.

Michelle Burgher

Michelle werk as vrywilliger by Ukukhanya vanaf February 2015.  Sy gebruik haar 11 jaar kennis van sosiale media om Ukukhanya te bemark

Dr Gawie Malherbe

Dr Malherbe is n psigiater vir kinders en volwassenes.  Hy verskaf sy dienste aan een keer n maand aan Ukukhanya kliente